Copy

NG Gemeente Aasvoëlkop

‘n Baken van hoop vir die wêreld, deur vrede, vreugde en vervulling in Christus.

Liewe Gemeentelid,
 
KRUISPUNT spog met ’n splinternuwe baadjie (ek hoop jy hou daarvan!). Die nuwer, varser benadering simboliseer ook ons gemeente se Nuwe Lied en die opwindende pad wat vir ons voorlê.
 
‘Dit hang van ons af.’

As jy Woensdag Minister Pravin Gordhan se toespraak oor die mediumtermynbegrotingsraamwerk gevolg het, sou jy opgelet dat dié refrein telkemale in sy toespraak opgeduik het.
 
Hy het ook gesê: ‘Dit word ter tafel gelê in ‘n tyd van onsekerheid, maar van hoop, van versigtigheid, maar van geleentheid. Dit hang van ons af.”
 
Die woorde, Liewe Gemeentelede, is ook op ons, as AVK, van toepassing.
 
Ons het onlangs ons ‘Nuwe Lied’ bekend gestel – dit in ‘n tyd van onsekerheid in ons land en ook in die Kerk.
 
Maar, hierdie herbesinning van ons gemeente-wees binne die koninkryk van God, en die gepaardgaande nuwe energie en benadering is ‘n manier waarop ons, as gemeente, met daad en woord sê: ‘Dit hang van ons af.’
 
Baie dankie vir die positiewe reaksie wat ons sover op die Nuwe Lied-konsep gekry het. Ons gee later meer terugvoer daaroor.
 
Ek sien daarna uit om die toekomspad van Aasvoëlkopgemeente saam met jou in die geloof te stap in die wete dat die uitkoms daarvan van ons afhang.
 
AVK-groete!
 
Jurie

Hervormingsondag 24ste week in Koningkrykstyd

  • 09:00 - Erediens word gelei deur dr Jurie Schoeman met die tema:
    Die Nuwe Lied: Vol Verwondering. 

    (Psalm 139:1-18)
  • Deurkollekte is vir Adopt-a-Granny.
  • 09:00 - Peuterbediening 
  • 10:15 - 11:15 - Kinderkleingroepe en Senior kleingroep.
  • 16:30 - Reisgroep (Gr 10's en 11's).
  • 18:00 - 19:00 - iConnect by Gambiaweg 31, Emmarentia.
  • 19:00 - Kooroefening.
Oktober 2016
30
AVK NGK
JEUG
KINDERS
WEBWERF
E-pos
SoundCloud

Staande Aktiwiteite

 
Gebedsdiens - Elke Woensdag 11:00 in die kapél (nie gedurende gewone skoolvakansies nie).

Gebedsaksie - Onthou om enige gebedsversoeke deur te gee na die kerkkantoor by (011) 782-5231. Gebruik die afkondigingsblaadjie en bid deur die week vir alles daarop. Gemeentelede word versoek om enige gebedsversoeke in die houtkissies in die voorportale van die kerk te plaas. 

Elke Sondag om 16:30 sal 'n gebedsgeleentheid in die kapél plaasvind om God se wil vir ons as gemeente en ons toekoms te soek.

Seattle Coffee Shop - TGIF - Elke Vrydagoggend is daar ‘n byeenkoms in Seattle Coffee Shop in Cresta oor ’n aktueel Christelike saak. Bekende sprekers, goeie insette en lekker bespreking vind plaas. Die byeenkoms begin 06:15 (vir 06:30) en eindig 07:30 stiptelik. Regtig die moeite werd – kyk gerus op www.tgif.org.za. Interkerklik – geen fooie en geen verpligtings.
SCHALK VAN HEERDEN:
"TIME TO TREK - DECOLONISING AFRIKANER LEADERSHIP"
at the Seattle Coffee Company, CRESTA Shopping Centre
Fri 28 Oct, 6:15am for 6:30am, ending 7:30am

Schalk van Heerden offers a Christian Afrikaner perspective and journey, deconstructing myths and exploring legitimate ways of leadership. Schalk explores ways of helping without harm, how Biko can help us, and some practical things he has found to do on the journey of "becoming African".
 
Schalk's ancestors have been in South Africa for ten generations (since 1701), and he is the 5th Schalk Willem van Heerden in a row. Born in the Free State, he mostly grew up on a farm in Zululand but also lived in Mozambique for 6 years. He studied Theology and later obtained Masters in Development Studies at UJ where he also lectured. Schalk started Youthzones and Foundation for a Safe South Africa with Roelf Meyer and Doctor Mabila. He is currently also working against rhino poaching in the Kruger National Park.
Kategese-ouers
Onthou asb items vir die MES Kersfeessakke as die jeug se bydrae. Gee af by die kerkkantoor of Sondae in die saal.
Ons gebede en gedagtes gaan uit na almal wat nood het van watter aard ookal...

Willem Pottas is oorlede. Roudiens vind plaas op Dinsdag 1 November 10:30 vanuit Aasvoëlkop.

Chris Vermeulen steeds in hospitaal.
011 782 8844

Stina Dawson sterk tuis aan .
011 782 7080

Gee asseblief gereeld name deur na die Kerkkantoor
011 782 5231 of info@aasvoelkop.co.za
Lidmate het nou ‘n maklike en veilige manier om Sondag se dankoffer, gereelde maandelikse dankoffer of enige ander betalings te maak en sodoende op die manier die gemeente in staat te stel om effektief te bly funksioneer.

Hoe werk SnapScan?
  • Laai eers die toepassing (app) met die selfoon se App Store af of besoek bloot die www.GetSnapScan.co.za tuisblad - ongeag ‘n Standard Bank kliënt of nie.
  • Maak die SnapScan app op die foon oop en tik op “scan”. Hou dan die slimfoon se kamera oor die unieke NG Aasvoëlkop SnapCode - hiernaas -  om dit te skandeer. Die app identifiseer NG Aasvoëlkop outomaties en vra om die bedrag te verskaf wat oorbetaal moet word. Vul asb ook die doel van die inbetaling in die aangeduide plek in. ‘n Unieke en veilige PIN om die transaksie te bevestig word verskaf. Die gemeente ontvang ‘n kennisgewing via SMS. Die persoon wat die inbetaling doen kan op versoek anoniem bly. 
Donderdag 27 Oktober
Wilma Alant 782 0346
Leandré Ferreira 888 2784

Vrydag 28 Oktober
Leon Bezuidenhout 476 1488
Tom Kok 476 7409

Saterdag 29 Oktober
Charntelle Hayward 477 7752
Franciska Lake 888 2943
Johann Müller 083 455 7446
Frans van den Berg 083 655 3650

Sondag 30 Oktober
Lida de Villiers 646 2486
Coenie Potgieter 082 462 5600
Wim Slabber 782 8142


Maandag 31 Oktober
Aiden Angus 082 377 5469
Marieta Bring 082 897 0025
Heini Coetzee 782 7645
Jaco Ludik 082 378 9464
Dinsdag 1 November
Pieter de Villiers 478 0974
Marco Pretorius 476 1324

Woensdag 2 November
Henk van der Merwe 646 9512
Roelof van Huyssteen 781 1652

Donderdag 3 November
Boon Botha 888 1152
Alysha Wolfaardt 646 6593

Vrydag 4 November
Selma Landwehr 782 5739
Alet Lutz 678 3658
Johann Müller 083 455 7446
Lené Smit 082 493 0159

Saterdag 5 November
Riaan Blom 782 8991
Nina Myburgh 673 5551
Piet van Drimmelen 646 0052
Reinet van Graan 782 0183
 
Christen Kufa (39) het onlangs my ma Eunice Niemann versorg terwyl ons op verlof was. Sy is goed gekwalifiseer om ouer of siek mense te versorg, asook babas. Sy is baie bekwaam en vriendelik en ek kan haar sterk aanbeveel as u dalk so n persoon benodig.
 
Kontak my asb as u meer inligting wil hê.
Christa Custers  082 851 1038
Huis Aasvoëlkop Bankbesonderhede
  • ABSA Bank
  • Rekeningnaam: AKMK – Huis Aasvoëlkop 
  • Takkode: 632005
  • Rekeningnommer: 4056633837

Bankbesonderhede

  • ABSA Bank
  • Tak: Verdi-sentrum (kode: 334-705)
  • Tjekrekeningnommer: 730580045
  • Verwysing: Naam (bv. Maandelikse bydrae/Gemeentefees/ens)
  • Faks bewys van betaling deur na: 011 888-7074 of 0866085546
Hierdie afkondigings word geborg deur:
PAINT EMPORIUM & HARDWARE
Pendoringweg, Blackheath (011) 678-4848
Kopiereg © Alle regte voorbehou.

Tel: 011 782 5231
Fax: 011 888 7074 of 0866085691
E-Pos: info@aasvoelkop.co.za
Webwerf: www.aasvoelkop.co.za
Posadres: Posbus 48020, Rooseveltpark, 2129
Straatadres: 17 Lawleylaan, Northcliff, 2195


unsubscribe from this list
update your preferences 


 






This email was sent to <<Email Address>>
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
Aasvoelkop NG Gemeente · 17 Lawleylaan · Northchliff · Johannesburg, Gauteng 2195 · South Africa

Email Marketing Powered by Mailchimp