Copy

NG Gemeente Aasvoëlkop

‘n Baken van hoop vir die wêreld, deur vrede, vreugde en vervulling in Christus.

Liewe Gemeentelid,
 

Ons sien duidelik in die geskiedenis, en vandag nog, hoe God se oorwinning anders lyk as hoe ons dit sou wou sien uitspeel. Ons as rolspelers wag dikwels vir God om dinge reg te ruk en beter te maak maar kyk wat gebeur te midde van choas en bekommernis in ons land: honderde duisende mense gaan bid saam in Bloemfontein - is dit nie ook Sy wil nie? Mense soek na God. God word vereer te midde van swaarkry. So is daar ook talle voorbeelde verder in die wêreld.

 

Dawid kom veg teen Goliat wat die Israeliete verniel. Hy veg nie met volle wapenrusting nie maar met 'n paar klein klippies. God se oorwinning lyk aanvanklik hier nie so glansryk soos verwag nie. Hoe lyk dit vandag wanneer God oorwin? Hoe gebruik Hy ons en hoe rus Hy ons toe?

 

By Sondag se gesinsdiens vra ons: hoe verskuif ek vanuit die denkraamwerk van 'n verskrikte Israleitiese soldaat tot dié van Dawid wat vol vertroue vorentoe tree omdat Hy vas oortuig is dat God se plan sal seëvier.

 

Kom aanbid Sondag saam - onthou dat ons gesinsdiens juis vir almal is en nie net vir kinders nie.


 Liefdegroete,
 
Tarine
 
NS: Ons Kermis is volgende naweek. Daar sal Sondag weer vorms beskikbaar wees vir voorafbestellings. En as jy kan help of van borge weet of op enige wyse wil betrokke raak, skakel asb. met die Kerkkantoor.


Sondag 21 Mei 2017
6de week in Paastyd
  • 09:00 - Erediens met tema:  “As die skoen pas”: Dalk eerder dié van ‘n skrikkerige Israeliet of ‘n reusagtige Goliat gelei deur ds Tarine de Ridder
  • Deurkollekte - Tshepo Gemeenskapsprojek
  • 10:15 - Kinderkleingroepe (Gr 1-7)
  • 10:15 - Senior Jeugkleingroep (Gr 8-9)
  • 16:30 - Reisgroep (Gr 10's & 11's)
  • 18:00 – Jeugdiens vanaf 7 Mei tot 11 Junie
    Dunamis: Beleef die kragtige werking van die Heilige Gees
    aangebied deur ds Tarine de Ridder
  • 19:00 – Kooroefening
Mei 2017
21
AVK NGK
JEUG
KINDERS
WEBWERF
E-pos
SoundCloud
Span julle kreatiewe energie in en bring enige iets hand – of tuisgemaak om te verkoop by die Kermis.

Alle naaldwerk, brei– en hekelwerk, houtwerk, keramiekwerk, ysterware, juweliersware, kuns en alles wat gebak of gebottel kan word is baie welkom. Bydraes kan by die Kerkkantoor afgelewer word en sal ook deur Danie, Lize-Marie en Elsa bymekaargemaak word. Eetgoed kan die oggend van die Kermis in die voorportaal van die saal gelaat word.
  • Vars vleis – (voorafbestellings vir Vrystaatse lam @ R85 per kg). Die vleis word verpak en  afgelewer by die kerk. Plaas bestellings by kerkkantoor. 
  • Handwerktafel - Dit is weer tyd om handwerk en tuisgebak te maak vir ons tuismark / padstal!
  • Pannekoektafel benodig kontant donasies om bestanddele aan te koop.
  • Wynskenkings vir die wynveiling - ons het nog baie nodig asb!
  • Voorafbestellings kan by die teetafel gedoen word wat kan verseker dat jy nie in ’n ry hoef te staan vir kaartjies nie. Of kliek op die volgende link indien jy die vorm wil aflaai Kermis 2017 Bestelvorm
  • Kry solank kermisgeld wat jy op die dag kan gebruik.
  •  ‘n Hamper (waarde R3850) wat ‘n halwe Vrystaatse lam verpak in ’n 45l koelhouer en 6 bottels boutique rooiwyn uit die Stellenbosch-distrik bevat, word uitgeloot en kaartjies @ R100 is beskikbaar by die teetafel of die kerkantoor gedurende die week. Lootjie word op Kermisdag getrek.
  • Ons benodig borge en skenkings ASB!
     
Skakel die Kerkkantoor vir meer inligting (011) 782 5231 of besoek www.aasvoëlkop.co.za
www.facebook.com/events/185394071969602/
Ons gebede en gedagtes gaan uit na almal wat nood het van watter aard ookal...
  • Stina Dawson is in die hospitaal
  • Mina van Zyl sterk tuis aan na hospitalisasie
Gee asseblief gereeld name deur na die Kerkkantoor 011 782 5231 of info@aasvoelkop.co.za

Beplande Aktiwiteite


Aasvoëlkophuis het `n behoefte aan “koestermammas” wat die meisies eenkeer `n maand met die aankoop van persoonlike benodighede kan bystaan en hulle ook kan  bederf op hul verjaarsdae.
Dames wat kans sien om behulpsaam te wees moet asb die Huismoeder Jeanette Poley skakel by 0723008425.


Sondae Tee-skink na kerk: As jy en jou gesin bereid is om te help tee-skink na kerk, laat weet ons asb.Skryf jou naam op die lys by die teetafel langs die datum wat jou pas. Die kerkkantoor sal jou skakel om te herinner net voor jou beurt.

Gemeenteraadvergadering Sondag 21 Mei 2017 om 10:30 in die konsistorie.

Carpe Diem-byeenkoms op Vrydag 26 Mei 2017. Kom kuier saam met Fanie van Vuuren wat 'n orreluitvoering gaan lewer. Moet dit nie misloop nie!

Kermis Saterdag 27 Mei 2017 van 09:00-14:00.


VRYDAGMIDDAG-WEGBREEK – Vrydag 2 Junie 2017 om 14:15. Kontak die kerkkantoor as jy wil bywoon.

Staande Aktiwiteite

 
Gebedsdiens - Elke Woensdag 11:00 in die kapél (nie gedurende gewone skoolvakansies nie).

Gebedsaksie - Onthou om enige gebedsversoeke deur te gee na die kerkkantoor by (011) 782-5231. Gebruik die afkondigingsblaadjie en bid deur die week vir alles daarop. Gemeentelede word versoek om enige gebedsversoeke in die houtkissies in die voorportale van die kerk te plaas. 


Seattle Coffee Shop - TGIF - Elke Vrydagoggend is daar ‘n byeenkoms in Seattle Coffee Shop in Cresta oor ’n aktueel Christelike saak. Bekende sprekers, goeie insette en lekker bespreking vind plaas. Die byeenkoms begin 06:15 (vir 06:30) en eindig 07:30 stiptelik. Regtig die moeite werd – kyk gerus op www.tgif.org.za Interkerklik – fooie en geen verpligtings.
KINDERPINKSTER by die Kerk
 
Kom kuier vir drie aande saam met interressante karakters- Oom Noag, Klein Kareltjie en Talitha. So gaan ons saam sing, speel en leer hoe om soos Jesus te leef.

Tema: Jesus se hande en voete
Maandag (29 Mei) tot Woensdag (31 Mei) - 19:00 tot 20:00.


Die kinders is Sondag en Donderdag genooi om saam met die ouers kerk  toe te kom. Kostes beloop R30 per kind per aand (kinders kan op die aand by die saal kom registreer).
JEUGDIENSTE
18:00-19:00 in die Lighuis met iets te ete.
Sondag 7 Mei: Wind
Sondag 14 Mei: Water
Sondag 21 Mei: Duif
Sondag 28 Mei: Pinkster in die kerkgebou
Sondag 4 Junie: Dinamiet
Sondag 11 Junie: Vuur
Dra ‘n turkooisstrikkie hierdie maand (15 Mei – 15 Junie)
en ondersteun die bewusmakingsveldtog vir bejaardes.
Lidmate het nou ‘n maklike en veilige manier om Sondag se dankoffer, gereelde maandelikse dankoffer of enige ander betalings te maak en sodoende op die manier die gemeente in staat te stel om effektief te bly funksioneer.
Vrydag 19 Mei
Mark Custers 782-3428  
Marietjie De Necker 782-6360  
Mijané De Ridder 082 739 9477  
Zandri Du Toit 477-4199  
Luzette Els 678-5014  
Chris Prins 072 876 2000  
Heleen Steyn 646-2178  
Johan Van Tonder 782-8501


Saterdag 20 Mei
Jana Fourie 678-8200  
Trudie Le Roux 082 788 2873


Sondag 21 Mei
Kati Beckerling 888-6503  
Marieta Conradie 678-8204  
Bianca Venter 084 713 7202  


Maandag 22 Mei
Katrien Laubscher 082 323 4018  
Januscha Moll 888-2713  
Heinrich Pretorius 477-5764  
Dinsdag 23 Mei
Rilette Haycock 082 820 7396  
 
Woensdag 24 Mei
Anna Muller 082 331 6987  
Luze Van Huyssteen 646-1806  
Derrick Van Schalkwyk 083 630 4877  


Donderdag 25 Mei
Grace De Kock 678-9406  
Marguerite Hesemann 782-0346  


Vrydag 26 Mei
Catherine Ackroyd 782-2168  
Michael Botes 478-3392  
Naas Fourie 678-8200  
Helen Le Roux 478-3322  
Lara Theron 678-3555  
Leandri Van Der Merwe 726 7671 
Nicolene Van Zyl 782-7530
 


TE HUUR: Ruim Loft-Tuinwoonstel (R6 800 pm) in groen boomryke tuin. Gemeubileer, gediens, internet, kragopwekker, sentraal, veilig met elektriese omheining in stil woonbuurt, onderdak parking, groot swembad. Uitstekende waarde. Ideaal vir jong werkende persoon of nagraadse student.
Kontak 082 920 6163
TE HUUR: Kamer beskikbaar in woonhuis in Robindale. Deel badkamer met twee ander persone. Water en ligte ingesluit. Veilige onderdak parkering @R3000 pm. Kaukasiese manspersoon verkieslik in die IT werksveld. Nie roker of gewoonte drinker. Beskikbaar middel Mei. Kontak Petro 082 920 8901
Huis Aasvoëlkop (satelliethuis) Bankbesonderhede
  • ABSA Bank
  • Rekeningnaam: AKMK – Huis Aasvoëlkop 
  • Takkode: 632005
  • Rekeningnommer: 4056633837

Aasvoëlkop Bankbesonderhede

  • NG Gemeente Aasvoëlkop
  • ABSA Bank
  • Tak: Northcliff (kode: 334-705)
  • Tjekrekeningnommer: 730580045
  • Verwysing: Naam (bv. Maandelikse bydrae/Gemeentefees/ens)
  • Faks bewys van betaling deur na: 011 888-7074 of 0866085546
Hierdie afkondigings word geborg deur:
PAINT EMPORIUM & HARDWARE
Pendoringweg, Blackheath (011) 678-4848
Kopiereg © Alle regte voorbehou.

Tel: 011 782 5231
Fax: 011 888 7074 of 0866085691
E-Pos:
info@aasvoelkop.co.za
Webwerf: www.aasvoelkop.co.za
Posadres: Posbus 48020, Rooseveltpark, 2129
Straatadres: 17 Lawleylaan, Northcliff, 2195


unsubscribe from this list
update your preferences 






This email was sent to <<Email Address>>
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
Aasvoelkop NG Gemeente · 17 Lawley Avenue · Northchliff · Johannesburg, Gauteng 2195 · South Africa

Email Marketing Powered by Mailchimp