Copy

NG Gemeente Aasvoëlkop

‘n Baken van hoop vir die wêreld, deur vrede, vreugde en vervulling in Christus.

Liewe Gemeentelid,
 
Om daadwerklik by te dra

Die verhaal van Rut in die Ou Testament is baie spesiaal. Dit druis in teen die oorspronklike gedagte dat die volk van God hulle moes eenkant hou van die ander volkere. Hier - van die kantlyn af - kom ’n jong Moabitiese meisietjie met baie durf en deursettingsvermoeë en God gebruik haar om die verbondsvolk te herinner aan hulle verantwoordelikheid.
 
Sy verduur, beplan, dink en bewerk uitkoms vir haar en skoonmoeder Naomi! Haar voorsiening beland haar in die geslagregister van Jesus as waardige draer van die verbondsbeloftes!
 
Só kan ons ook meehelp om ons land te bou, moue op te rol en self iets te doen. Om aan te haal “Dit is nie volhoubaar om net in die pad van verdere agteruitgang te staan nie; ons moet ook bou aan ʼn pad van vooruitgang.”
 
In Aasvoëlkop is ons bevoorreg om  wonderlike gemeentelede te hê wat ‘n daadwerklike verskil wil maak in ons gemeenskappe en ook in ons land. Die gulhartigheid waarmee ons gemeente die insameling vir MES by Sondag se Kerssangdiens ondersteun het, is weereens ‘n bewys daarvan. Baie dankie vir al die bydraes en ook aan die span wat Woensdag so hard gewerk het om al die geskenkpakkies te pak.  
 
Hierdie is dan ook die laaste uitgawe van Kruispunt vir die jaar. Namens die AVK-span wens ek almal wat oor Desember die langpad aandurf, ‘n voorspoedige en veilige reis toe en ‘n Geseënde en vreedsame Kersfees.
 
Ons sien daarna uit om in die nuwe jaar ons nuwe lied en die pad vorentoe aan te pak – tesame!
 
AVK-groete
 
Jurie   

2de Sondag van Advent

  • 09:00 - Erediens word gelei deur dr Jurie Schoeman met die tema: Ons het 'n losser!
  • Teksvers: Rut 1
  • Deurkollekte is vir Beeld Kinderfonds
Desember 2016
4
AVK NGK
JEUG
KINDERS
WEBWERF
E-pos
SoundCloud
By die afgelope vergadering van die Gemeenteraad is Reinet van Graan tot die Gemeenteraad verkies as voorsitter van Diensgroep Kleingroepe
Ons jaarlikse kerkkalenders is beskikbaar by die kerkkantoor.
Dankie aan Jotam Schoeman vir sy skets en kreatiwiteit.
Julle is welkom om na die skets op YOUTUBE te kyk!
Gaan kyk gerus wat Jotam se werk en passie behels op www.bedoelende.co.za of op Bedoelende Kommunikatiewe Produksies Facebook blad.

Staande Aktiwiteite

 
Gebedsdiens - Elke Woensdag 11:00 in die kapél (nie gedurende gewone skoolvakansies nie).

Gebedsaksie - Onthou om enige gebedsversoeke deur te gee na die kerkkantoor by (011) 782-5231. Gebruik die afkondigingsblaadjie en bid deur die week vir alles daarop. Gemeentelede word versoek om enige gebedsversoeke in die houtkissies in die voorportale van die kerk te plaas. 

 
Seattle Coffee Shop - TGIF - Elke Vrydagoggend is daar ‘n byeenkoms in Seattle Coffee Shop in Cresta oor ’n aktueel Christelike saak. Bekende sprekers, goeie insette en lekker bespreking vind plaas. Die byeenkoms begin 06:15 (vir 06:30) en eindig 07:30 stiptelik. Regtig die moeite werd – kyk gerus op www.tgif.org.za Interkerklik –fooie en geen verpligtings.

Beplande Aktiwiteite


Sondae Tee-skink na kerk: As jy en jou gesin bereid is om te help tee-skink na kerk, laat weet ons asb. Ons wil  graag die lysie vir volgende jaar ook opstel. Skryf asb jou naam op die lys langs die datum wat jou pas. Die kerkkantoor sal jou skakel om te herinner net voor jou beurt.

Geloftediens Vrydag 16 Desember 09:00. 
Julle word vriendelik uitgenooi om die jaarlikse GELOFTEDIENS op 16 Desember by te woon. Die diens sal gelei word deur Dr Christo Naude, leraar van die NG-gemeente Lindenpark. Dit vind plaas by die gewone feesterrein in Waterval  (Albert’s Farm, Albertskroon) met ingang uit De La Reystraat, naby die T-aansluiting met Swazistraat uit Northcliff. Vir meer besonderhede kontak Hennie Louw  by 073 160 7343.


Toewydingsweek 29-31 Januarie 2017 19:00 elke aand.
HOE POSITIEWE EMOSIES SPIRITUALITEIT VOED. 
SPREKER: Dr Johan Ferreira, kliniese sielkundige by Mosaïek Wholeness-sentrum. Dr Ferreira is ’n kundige op die terrein van Positiewe Sielkunde en ’n diep gelowige Christen wat al tot groot lof met verskeie gemeentes sy kundigheid gedeel het. Die reeks gesprekke sal die volgende sub-temas aanspreek vanuit ’n emosioneel/geestelike konteks: a) almal beleef verlies, b)almal beleef pyn en woede, c) vergifnis is noodsaaklik en d) sonder hoop bestaan geluk nie.

Ons gebede en gedagtes gaan uit na almal wat nood het van watter aard ookal...
 
Neem kennis asb: vir die tydperk 12–19 Desember sal dr Jurie met vakansie wees en ds Gawie Coetzee 082 923 8536 sal beskikbaar wees indien die dienste van ’n predikant benodig word.

Gee asseblief gereeld name deur na die Kerkkantoor
011 782 5231 of info@aasvoelkop.co.za
Die jaarlikse AVK Kerssangdiens is ‘n hoogtepunt op ons kalender en hierdie jaar was geen uitsondering nie. Baie dankie aan ons koorleier en orrelis, Fanie van Vuuren, en toegewyde koorlede vir nog ‘n uitstekende uitvoering. Ons sien alreeds uit na volgende jaar!
Baie dankie aan almal wat Woensdag die 30ste November gehelp het om die MES geskenkpakkies te pak! 
Lidmate het nou ‘n maklike en veilige manier om Sondag se dankoffer, gereelde maandelikse dankoffer of enige ander betalings te maak en sodoende op die manier die gemeente in staat te stel om effektief te bly funksioneer.

Hoe werk SnapScan?
  • Laai eers die toepassing (app) met die selfoon se App Store af of besoek bloot die www.GetSnapScan.co.za tuisblad - ongeag ‘n Standard Bank kliënt of nie.
  • Maak die SnapScan app op die foon oop en tik op “scan”. Hou dan die slimfoon se kamera oor die unieke NG Aasvoëlkop SnapCode - hiernaas -  om dit te skandeer. Die app identifiseer NG Aasvoëlkop outomaties en vra om die bedrag te verskaf wat oorbetaal moet word. Vul asb ook die doel van die inbetaling in die aangeduide plek in. ‘n Unieke en veilige PIN om die transaksie te bevestig word verskaf. Die gemeente ontvang ‘n kennisgewing via SMS. Die persoon wat die inbetaling doen kan op versoek anoniem bly. 
Sondag 4 Desember 2016
Johann Blignaut 888-3368  
Zander Horn 782-7389  
Pieter Van Huyssteen 781-1652  


Maandag 5 Desember 2016
Piet De Jongh 0824548222  
Anel Prinsloo 0724855195  


Dinsdag 6 Desember 2016
Bernard Botma 486-2881  
Lettie Gilbert 782-3643  
Mia Pretorius 782-2183  


Woensdag 7 Desember 2016
Klara Appelgryn 782-7209  
Phil Crous 678-0272  
Sonja Vermaak 888-3260  


Donderdag 8 Desember 2016
Mattie Landman 782-6510  
Rina Le Roux 0828955659  
Adi Malherbe  886-5404  
Myra Stegmann 646-8619  


Vrydag 9 Desember 2016
Amanda Van Biljon 0824506772  
Nic Van Der Walt 646-5285  


Saterdag 10 Desember 2016
Jan-Hugo Fyfer 782-8629  
Trips Le Roux 678-2292  
Leon Liebenberg 646-3453  


Sondag 11 Desember 2016
Dina Muller 0735986102  

Maandag 12 Desember 2016
Coline Du Toit 476-6008  
Reinet Kemp 888-5289  


Dinsdag 13 Desember 2016
Marié Grobbelaar 0829671777  
Anika Horn 782-7389  
Burnie Potgieter 782-3062  


Woensdag 14 Desember 2016
Geen

Donderdag 15 Desember 2016
Eric (Jnr) Ackroyd 782-2168  
Amelia Botha 0823301586  


Vrydag 16 Desember 2016
Christoffel Pretorius 476-1324  

Saterdag 17 Desember 2016
Adriaan De Villiers 646-2486  
Iain Prior 0110213352  
Rèan Strydom 782-0742  


Sondag 18 Desember 2016
Anne-Marie Laubscher 0827989358  
Suzette Maree 476-2484  
Anna Williams 888-5116  


Maandag 19 Desember 2016
Altha Le Roux 0833988003  
Adelle Muller 0735986102  
Deidré Pienaar 678-7616  
Lukas Slabber 782-8142  
Douw Steyn 678-2591  


Dinsdag 20 Desember 2016
Salome Fourie 678-8200  
Marina Van Zyl 0823792465  
Louis Venter 880-5200  


Woensdag 21 Desember 2016
Pat Koekemoer 782 6230  
Jaco Pretorius 791-5170  
Ivan Van Rensburg 678-2290  


Donderdag 22 Desember 2016
Marthie Nortjé 0824469296  

Vrydag 23 Desember 2016
Yolandie Horn 782-7389  
Ronet Maartens 486-2643  
Anja Van Der Merwe 782-8727  


Saterdag 24 Desember 2016
Anna-Marie Botha 803-9697  
Sondag 25 Desember 2016
Daniëlle Van Der Watt 476-9784  

Maandag 26 Desember 2016
Hanlie Carstens 678-4964  
Ethan Cilliers 0761528780  
Tom Meintjes 431-1544  


Dinsdag 27 Desember 2016
Inge Coetzee 782-3980  
Leona Le Roux 888-3459  
Albert Slabbert 0845678277  
Jess Van Der Walt 0832728351  
Noëline Van Der Watt 476-9784  


Woensdag 28 Desember 2016
Chris Bam 477-0285  
Anelet Botha 803-9697  
Tiaan Maartens 486-2643  


Donderdag 29 Desember 2016
Stephan Barnard 476-3239  
Olive Botha 888-1152  
Nelius Ferreira 0833005447  


Vrydag 30 Desember 2016
Tiaan Van Huyssteen 646-1806  

Saterdag 31 Desember 2016
Lafras Van Rensburg 678-2290  

Sondag 1 Januarie 2017
Karlien Cilliers 0761528780  
Frikkie Cilliers 0761528780  
Kayleigh Scott 0823048676  
Alexander Terblanche 0832621079  


Maandag 2 Januarie 2017
Frans Barrie 888-3460  
Wouter De Wet 477-1691  
Krina Marijnen 673-8290  
Michelle Van Der Merwe 0723775682  


Dinsdag 3 Januarie 2017
Jan Geurtse 782-7325  
Hélène Sonnekus 672-2364  


Woensdag 4 Januarie 2017
Jeanette Bosman 782-5200  
Adriaan Botha 888-1152  
Donovan Edeling 782-6911  
Emiel Jansen Van Vuuren 0836512261  
Quintus Joubert 888-6018  
Frik Veltman 782-0778  


Donderdag 5 Januarie 2017
Geen

Vrydag 6 Januarie 2017
Sumari Van Rooyen 431-1758  

Saterdag 7 Januarie 2017
Jan Maarschalk 678-4988  
Leoni Muller 646-8110  


Sondag 8 Januarie 2017
Sumari Van Rooyen 431-1758  
Maans Pieters 477-4176  
Petie Van Zyl 782-7530  


Maandag 9 Januarie 2017
Sumari Van Rooyen 431-1758  
Nico Geldenhuys 0731881708  
Boet Viljoen 678-8672  


Dinsdag 10 Januarie 2017
Dirk Van Der Merwe 646-3115  

Woensdag 11 Januarie 2017
Soné Bester 0765453757  
Andri Bruinette 0118884736  
Anton Hayward 477-7752  
Lilianne Human 0828544466  
Ollie Olwage 462-0746  


Donderdag 12 Januarie 2017
Piet Schabort 646-9049  

Vrydag 13 Januarie 2017
Jaco Grundling 0791838271  
Martie Landman 782-6510

TUINWOONSTEL TE HUUR
Pragtige tuinwoonstel (R6 700 pm) in groen inheemse tuin. Gemeubileer, gediens, internet, kragopwekker,  sentraal, veilig met elektriese omheining in stil woonbuurt met onderdak parkering asook groot swembad! Uitstekende waarde en ideaal vir enkel jong werkende persoon of nagraadse student. Kontak 082 920 6163.
VAKATURE – DRYWER – AASVOëLKOP SATELLIETHUIS
Ons benoding ’n dame ouer as 35 jaar om as drywer op te tree vir die Aasvoëlkop satelliethuis in Risidale. Die dame moet beskik oor ‘n geldige bestuurslisensie en moet kan kwalifiseer vir ‘n PDP lisensie.

Die voertuig is ‘n Quantum en die drywer sal verantwoordelikheid neem vir bv die vervoer van kinders en/of personeel en gaan haal en aflaai van donasies. Die drywer werk vier en ‘n half ure per dag van 13h30 – 18h00. Die ure word aangepas na gelang van behoefte van die kinders tydens eksamentye.
 
NAVRAE: Kontak Mev Elsie Haywood, Bestuurder, Satelliet Huise, en stuur CV na eh@abrahamkriel.org of skakel 082 325 8337/011 839 3058. Alternatief kontak Jeanette Poley – huismoeder Aasvoëlkop by 011 888 6685. 
2 VAKATURES - BESPROEIINGSONDERHOUD OPSIGTERS 
VEREISTES: Fiksheid met baie goeie gesondheid, sobere gewoontes, kode 8 lisensie, prakties en handvaardigheid, goeie kommunikasie vermoë.
Pos is ideal vir jong, gesonde, vroëe afgetredene wat in die onmiddelike JHB omgewing woon.
SALARIS: R 8,000 – R 9,500 p.m. afhangend van ondervinding.
Stuur CV aan prolandscapes@mweb.co.za of kontak 082 556 8084
Huis Aasvoëlkop Bankbesonderhede
  • ABSA Bank
  • Rekeningnaam: AKMK – Huis Aasvoëlkop 
  • Takkode: 632005
  • Rekeningnommer: 4056633837

Bankbesonderhede

  • ABSA Bank
  • Tak: Northcliff (kode: 334-705)
  • Tjekrekeningnommer: 730580045
  • Verwysing: Naam (bv. Maandelikse bydrae/Gemeentefees/ens)
  • Faks bewys van betaling deur na: 011 888-7074 of 0866085546
Hierdie afkondigings word geborg deur:
PAINT EMPORIUM & HARDWARE
Pendoringweg, Blackheath (011) 678-4848
Kopiereg © Alle regte voorbehou.

Tel: 011 782 5231
Fax: 011 888 7074 of 0866085691
E-Pos: info@aasvoelkop.co.za
Webwerf: www.aasvoelkop.co.za
Posadres: Posbus 48020, Rooseveltpark, 2129
Straatadres: 17 Lawleylaan, Northcliff, 2195


unsubscribe from this list
update your preferences 


 






This email was sent to <<Email Address>>
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
Aasvoelkop NG Gemeente · 17 Lawleylaan · Northchliff · Johannesburg, Gauteng 2195 · South Africa

Email Marketing Powered by Mailchimp