Copy

NG Gemeente Aasvoëlkop

‘n Baken van hoop vir die wêreld, deur vrede, vreugde en vervulling in Christus.

Liewe Gemeentelid,
 
Hoe lyk die goue draad wat jou lewe deurweef?
 
Die sangeres Carole King het baie jare gelede gesing, “My life is like a tapestry of rich and royal hue, an everlasting vision of the ever-changing view…”
 
Soos vinkies met groot omsigtigheid hul nessies van die fynste takkies weef, só bou ons as mense elke dag aan die ‘nessies’ van ons lewens en ons verhoudinge met die mense rondom ons. En, natuurlik, ook aan ons verhouding met ons Skepper.
 
Soms, as ons haastig is, gooi ons vinnig ‘n paar takkies bymekaar in die hoop dat dit goed genoeg is. Maar meestal, soos die wyfievink, weet ons intuïtief dat dit net nie deug nie en maak ons gou reg waar ons verbrou het.   
 
Kom ons probeer gedurende hierdie week wat voorlê die drade van ons lewens soos goud hanteer. Werklik tyd spandeer om ons figuurlike nessies versigtig te vleg en aandag te gee aan belangrikte detail. Soos stiltetyd, gebed, en betekenisvolle tye en gesprekke met geliefdes, vriende, ander AVK-gemeentedelede, en mense wat oor ons pad kom.
 
Ons weet nie noodwendig hoe ander mense se tapisserie op ‘n gegewe tyd daaruit sien nie, maar ons kan wel help om hul dag en lewens op te helder.
 
AVK-groete
 
Jurie

Sondag 19 Maart 2017
3e Sondag in Lydenstyd
  • 09:00 - Erediens met tema: Met sy lewe & woorde weef Jesus die goue draad tussen Eden, die Tabernakel, die Tempel en die Kerk  word gelei deur Dr Jurie Schoeman 
    Teksvers: Johannes 2:13-22
  • Deurkollekte - MES Impilo
  • Geen Jeugaktiwiteite vanweë langnaweek
Maart 2017
19
AVK NGK
JEUG
KINDERS
WEBWERF
E-pos
SoundCloud


Ons gebede en gedagtes gaan uit na almal wat nood het van watter aard ookal...

Wilma Alant se pa is oorlede
Boet Viljoen in hospitaal
 

Gee asseblief gereeld name deur na die Kerkkantoor 011 782 5231 of info@aasvoelkop.co.za

Staande Aktiwiteite

 
Gebedsdiens - Elke Woensdag 11:00 in die kapél (nie gedurende gewone skoolvakansies nie).

Gebedsaksie - Onthou om enige gebedsversoeke deur te gee na die kerkkantoor by (011) 782-5231. Gebruik die afkondigingsblaadjie en bid deur die week vir alles daarop. Gemeentelede word versoek om enige gebedsversoeke in die houtkissies in die voorportale van die kerk te plaas. 

Kleingroepbyeenkoms Woensdae 18:30 in die konsistorie. 
Alle belangstellendes welkom.


Seattle Coffee Shop - TGIF - Elke Vrydagoggend is daar ‘n byeenkoms in Seattle Coffee Shop in Cresta oor ’n aktueel Christelike saak. Bekende sprekers, goeie insette en lekker bespreking vind plaas. Die byeenkoms begin 06:15 (vir 06:30) en eindig 07:30 stiptelik. Regtig die moeite werd – kyk gerus op www.tgif.org.za Interkerklik – fooie en geen verpligtings.

Beplande Aktiwiteite


Sondae Tee-skink na kerk: As jy en jou gesin bereid is om te help tee-skink na kerk, laat weet ons asb.Skryf jou naam op die lys by die teetafel langs die datum wat jou pas. Die kerkkantoor sal jou skakel om te herinner net voor jou beurt.

Paassangdiens aangebied deur Palissander Sondag 26 Maart 2017 09:00 ALMAL Welkom!
Heerlike Kerrie-en-rys sal te koop aangebied word om dadelik te eet of huis toe te neem.

Carpe Diem-byeenkoms Vrydag 31 Maart 2017 om 10:30. Dr Jurie kom gesels oor Paasfees. Kom kuier lekker saam. Almal hartlik welkom!
Lidmate het nou ‘n maklike en veilige manier om Sondag se dankoffer, gereelde maandelikse dankoffer of enige ander betalings te maak en sodoende op die manier die gemeente in staat te stel om effektief te bly funksioneer.
Vrydag 17 Maart
Mark Smith 082 524 9116

Saterdag 18 Maart
Marius Botha 082 920 3158
Nadine Burger 888-9879
Paul Du Toit 477-4199


Sondag 19 Maart
Tarine De Ridder 0827399477
Nellie Rademan 673-9316
Nikolette Van Der Westhuizen 
083 251 3904


Maandag 20 Maart

Cas Badenhorst 083 455 0155
Nicky Myburgh 673-5551
Adrian Van Der Westhuizen
082 373 0771
Anina Van Der Westhuizen
082 373 0771



 
Dinsdag 21 Maart
Annatjie Temmingh 482-3181
Wilma Theunissen 782-8630


Woensdag 22 Maart
Mary Bam 477-0285
Ina Kotze  883-6018


Donderdag 23 Maart
Geen

Vrydag 24 Maart
Lana Harmse 072 103 5828
Jowilna Storm 082 976 1837
Daniël Venter 888-3148


Saterdag 25 Maart
Corrie Botha 476-9476
Sarie Muller 673-7028


Sondag 26 Maart
Rudolf Jonker 782-6549
Lucy Müller 0834557446
Dawie Pienaar 678-7616
VAKATURE
The Court House is ‘n private eiendom in Sandhurst, Sandton en ons is tans opsoek na ‘n sekuriteitsopsigter vir die perseel. Dit is ‘n groot perseel en bestaan uit ‘n huis, kantoorblok, konferensiefasiliteite asook personeelkwartiere. Die relevante persoon/egpaar bly op die perseel in ‘n ten volle gemeubileerde Cottage, nie elektroniese toerusting soos bv wasmasjien, mikrogolfoond, TV, ens nie.   

Die relevante persoon moet afgetree wees, en verkieslik tussen die ouderdom van 63 en 68, gesond en jonk van gees. Daar word van die persoon verwag om daagliks gedurende die ruil van wagte in te staan - 7 dae ‘n week vir ‘n uur vroegoggend en ‘n uur laatmiddag. Tussen-in is daar klein administratiewe takies wat  gedoen moet word in verband met die sekuriteitspersoneel en toerusting.

Indien u belangstel, kontak gerus vir Adriaan Goosen by 082 780 3826 of per epos agoosen@remgro.com vir verdere inligting.
Huis Aasvoëlkop (satelliethuis) Bankbesonderhede
  • ABSA Bank
  • Rekeningnaam: AKMK – Huis Aasvoëlkop 
  • Takkode: 632005
  • Rekeningnommer: 4056633837

Aasvoëlkop Bankbesonderhede

  • NG Gemeente Aasvoëlkop
  • ABSA Bank
  • Tak: Northcliff (kode: 334-705)
  • Tjekrekeningnommer: 730580045
  • Verwysing: Naam (bv. Maandelikse bydrae/Gemeentefees/ens)
  • Faks bewys van betaling deur na: 011 888-7074 of 0866085546
Hierdie afkondigings word geborg deur:
PAINT EMPORIUM & HARDWARE
Pendoringweg, Blackheath (011) 678-4848
Kopiereg © Alle regte voorbehou.

Tel: 011 782 5231
Fax: 011 888 7074 of 0866085691
E-Pos:
info@aasvoelkop.co.za
Webwerf: www.aasvoelkop.co.za
Posadres: Posbus 48020, Rooseveltpark, 2129
Straatadres: 17 Lawleylaan, Northcliff, 2195


unsubscribe from this list
update your preferences 






This email was sent to <<Email Address>>
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
Aasvoelkop NG Gemeente · 17 Lawleylaan · Northchliff · Johannesburg, Gauteng 2195 · South Africa

Email Marketing Powered by Mailchimp