Copy

NG Gemeente Aasvoëlkop

‘n Baken van hoop vir die wêreld, deur vrede, vreugde en vervulling in Christus.

Liewe Gemeentelid,
 
In ons daaglikse lewens is dit maklik om vasgevang te word in ons eie klein wêreld. Om te voldoen aan al die eise wat gestel word op ons tyd en energie, word elke dag, elke week dikwels ‘n blote, alleenstryd om oorlewing.
 
Maar, soos in die natuur, is ons almal deel van 'n veel groter kosmos. Soos diere en plante op land en in die see van mekaar afhanklik vir oorlewing is, is ons as mense op mekaar aangewese om te onderskraag en te ondersteun. Dit geld veral in tye van nood, maar wanneer daar iets goeds of wonderliks in jou lewe gebeur, wil jy dit óók tog met iemand deel.
 
Soos ’n rotspoel, waar plant en dier in harmonie leef en sáám floreer in ’n veilige omgewing, so ook bied ons gemeente ‘n veilige hawe en ankerplek vir jou siel.
 
Ons begin Sondag met ‘n nuwe preekreeks oor 12 weke wat handel oor die Tempel en die Kerk se roeping in God se wêreld en beskou die rol van die kerk as God se rotspoel wat lewe koester.
 
Ek nooi jou hartlik uit om hierdie wonderlike reis met ons te deel.
 
AVK-groete
 
Jurie

Sondag 22 Januarie 2017
  • 09:00 - Erediens word gelei deur Dr Jurie Schoeman met die tema: Die kerk – God se rotspoel wat lewe koester…
  • Teksvers: Openbaring 21:22-24
  • Deurkollekte is vir Huis Aasvoëlkop
  • 10:15 - Kinderkleingroepe
  • 16:45 -17:45 - Senior kleingroepe (Gr 7-9)
  • 16:30 - Reisgroep (Gr 10 & 11)
  • 18:00 - Jeugdiens - reeks: "What's your kryptonite?" aangebied deur Ds Tarine de Ridder
Op ons Januarie kalender
  • 01/27  Carpe Diem
  • 01/29  Toewydingsdiens 1 - 19:00
  • 01/30  Toewydingsdiens 2 - 19:00
  • 01/31  Toewydingsdiens 3 - 19:00
Januarie 2017
22
AVK NGK
JEUG
KINDERS
WEBWERF
E-pos
SoundCloud
Ons gebede en gedagtes gaan uit na almal wat nood het van watter aard ookal...

Henriëtte Drotskie
ondergaan Vrydag 20 Januarie,
'n hartomleidingsoperasie
0
82 654 7228

Gee asseblief gereeld name deur na die Kerkkantoor
011 782 5231 of info@aasvoelkop.co.za

Staande Aktiwiteite

 
Gebedsdiens - Elke Woensdag 11:00 in die kapél (nie gedurende gewone skoolvakansies nie).

Gebedsaksie - Onthou om enige gebedsversoeke deur te gee na die kerkkantoor by (011) 782-5231. Gebruik die afkondigingsblaadjie en bid deur die week vir alles daarop. Gemeentelede word versoek om enige gebedsversoeke in die houtkissies in die voorportale van die kerk te plaas. 

 
Seattle Coffee Shop - TGIF - Elke Vrydagoggend is daar ‘n byeenkoms in Seattle Coffee Shop in Cresta oor ’n aktueel Christelike saak. Bekende sprekers, goeie insette en lekker bespreking vind plaas. Die byeenkoms begin 06:15 (vir 06:30) en eindig 07:30 stiptelik. Regtig die moeite werd – kyk gerus op www.tgif.org.za Interkerklik –fooie en geen verpligtings.

Beplande Aktiwiteite


Sondae Tee-skink na kerk: As jy en jou gesin bereid is om te help tee-skink na kerk, laat weet ons asb.Skryf jou naam op die lys by die teetafel langs die datum wat jou pas. Die kerkkantoor sal jou skakel om te herinner net voor jou beurt.

Toewydingsweek 29-31 Januarie 2017 19:00 elke aand.
HOE POSITIEWE EMOSIES SPIRITUALITEIT VOED. 
SPREKER: Dr Johan Ferreira, kliniese sielkundige by Mosaïek Wholeness-sentrum. Dr Ferreira is ’n kundige op die terrein van Positiewe Sielkunde en ’n diep gelowige Christen wat al tot groot lof met verskeie gemeentes sy kundigheid gedeel het. Die reeks gesprekke sal die volgende sub-temas aanspreek vanuit ’n emosioneel/geestelike konteks: a) almal beleef verlies, b) almal beleef pyn en woede, c) vergifnis is noodsaaklik en d) sonder hoop bestaan geluk nie.


Gesinskamp 10 Februarie 2017 by die kerk. RSVP teen 1 Februarie 2017. Alle gesinne met kinders jonger as 13jaar oud word genooi. Bring asseblief julle eie vleis, tent, slaapsakke, kussings en kampstoele. Vir meer inligting kontak Ds Tarine De Ridder 082 739 9477 of die kerkkantoor. 
Lidmate het nou ‘n maklike en veilige manier om Sondag se dankoffer, gereelde maandelikse dankoffer of enige ander betalings te maak en sodoende op die manier die gemeente in staat te stel om effektief te bly funksioneer.
Hoe werk SnapScan?
  • Laai eers die toepassing (app) met die selfoon se App Store af of besoek bloot die www.GetSnapScan.co.za tuisblad - ongeag ‘n Standard Bank kliënt of nie.
  • Maak die SnapScan app op die foon oop en tik op “scan”. Hou dan die slimfoon se kamera oor die unieke NG Aasvoëlkop SnapCode - hiernaas -  om dit te skandeer. Die app identifiseer NG Aasvoëlkop outomaties en vra om die bedrag te verskaf wat oorbetaal moet word. Vul asb ook die doel van die inbetaling in die aangeduide plek in. ‘n Unieke en veilige PIN om die transaksie te bevestig word verskaf. Die gemeente ontvang ‘n kennisgewing via SMS. Die persoon wat die inbetaling doen kan op versoek anoniem bly. 
Vrydag 20 Januarie
Cara Crouse 083 263 1252
André Prinsloo 673-9764



Saterdag 21 Januarie
Frikkie Brand 678-6140
Pedri Du Toit 477-4199
Dawid Human 083 4983 095
Paul Loubser 782-4461
Heinrich Olckers 782-5982
Louis Van Huyssteen 646-1806



Sondag 22 Januarie
Jean-Pierre Nortier 782-9593


Maandag 23 Januarie
André Marijnen 673-8290
AJ Myburgh 782-3735
Lucy O Neil 082 255 0017
Gerhard Potgieter 888-7198





Dinsdag 24 Januarie
Jaco Erasmus 447-5132
Adriaan Malherbe 888-7506
Patricia Nortier 782-9593
Christopher Schreuder 478-1918
Johandie Slabbert 084 567 8277
Caitlin Van Der Walt 083 272 8351

Léta Van Der Westhuizen 888-4953
Zané Vermaak 888-3260


Woensdag 25 Januarie
Annette Fyfer 782-8629
Susan Joubert 888-6018
Helena Schabort 646-9049


Donderdag 26 Januarie
Robert Brand 431-0216
Daneel Fyfer 782-8629


Vrydag 27 Januarie
Zita Muller 082 331 6987
Ilse Van Der Merwe 782-8727
Richard Van Niekerk 782-8358


Saterdag 28 Januarie
Douw Steyn 678-7317

GELOOFSVORMINGSPROGRAMME by FONTAINEBLEAU GEMEENSKAPSKERK

Die Fontainebleau Gemeenskapskerk bied vanjaar twee programme in geloofsvorming aan: ‘SACRED YEAR’ en ‘RITMES’.

Die ‘Sacred Year’-groep vergader elke eerste Maandag in die maand en in 2017 word Michael Yankoski se boek, The Sacred Year, behandel.

Die tweede groep – ‘Ritmes’ – is gefokus op mense wat ‘n behoefte het om hul geloofslewe te verryk. Dit groep vergader elke derde Maandagaand van die maand vanaf 20 Februarie.

Die Fontainebleau Gemeenskapskerk begin ook vanjaar met ‘n “Stilword”-diens, wat elke eerste Woensdagaand van die maand om 18:30 in die Kapel gehou sal word.

Kontak gerus vir Dr Ronell Bezuidenhout by ronellb@fgk.co.za vir meer inligting.
If children and their wellbeing are important to you, this seminar is a must. Henk Vermeulen will be our guest speaker at this seminar and will share his personal experiences of how his former wife systematically estranged his children from him over a period of five years. In this seminar we explore the dynamics of parental alienation, the early detection thereof, and how to prevent this form of child abuse. In this session, I also share my experience as mediator and the methods we use to help parents who are experiencing parent alienation.

Visit my Facebook page New Beginning Mediation Services to see the event and other detail about it.  Ds Leon Forsman (Mediator, pastor, counsellor)
Verblyf: Enkelpersoon tuinwoonstel in Robindale beskikbaar vanaf 1 Februarie 2017 @ R4400 water en ligte ingesluit met veilige parkering.
Kontak Petro Joubert 082 920 8901
Huis Aasvoëlkop (satelliethuis) Bankbesonderhede
  • ABSA Bank
  • Rekeningnaam: AKMK – Huis Aasvoëlkop 
  • Takkode: 632005
  • Rekeningnommer: 4056633837

Bankbesonderhede

  • ABSA Bank
  • Tak: Northcliff (kode: 334-705)
  • Tjekrekeningnommer: 730580045
  • Verwysing: Naam (bv. Maandelikse bydrae/Gemeentefees/ens)
  • Faks bewys van betaling deur na: 011 888-7074 of 0866085546
Hierdie afkondigings word geborg deur:
PAINT EMPORIUM & HARDWARE
Pendoringweg, Blackheath (011) 678-4848
Kopiereg © Alle regte voorbehou.

Tel: 011 782 5231
Fax: 011 888 7074 of 0866085691
E-Pos:
info@aasvoelkop.co.za
Webwerf: www.aasvoelkop.co.za
Posadres: Posbus 48020, Rooseveltpark, 2129
Straatadres: 17 Lawleylaan, Northcliff, 2195


unsubscribe from this list
update your preferences 






This email was sent to <<Email Address>>
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
Aasvoelkop NG Gemeente · 17 Lawleylaan · Northchliff · Johannesburg, Gauteng 2195 · South Africa

Email Marketing Powered by Mailchimp