Copy

NG Gemeente Aasvoëlkop

‘n Baken van hoop vir die wêreld, deur vrede, vreugde en vervulling in Christus.

Liewe Gemeentelid,
 

Die nuwe lied volhard; ongeag…

Die skrywer Gayle Forman het eens gesê, ‘We are born in one day. We die in one day. We can change in one day. And we can fall in love in one day. Anything can happen in just one day.’
 
Die afgelope week het ons land ook só ’n dag gehad. Op één dag het die Hoofbeamptes van meer as 30 van Suid-Afrika se grootste en invloedrykste maatskappye hulle geskaar by die Save South Africa-veldtog, honderde mense het ’n byeenkoms in die St Albans-katedraal in Pretoria bygewoon, President Zuma het sy aansoek om ’n hofbevel teen die bekendmaking van die voormalige OB se verslag teruggetrek, én die verslag is bekend gemaak!
 
Die omvang van die korrupsie wat uitgelig word in die verslag is skokkend, maar daar is hoop: ‘n groot groep Suid-Afrikaners van alle agtergronde het begin saamstaan teen die gemeenskaplike vyand – die kanker van korrupsie – wat met wortel en tak uitgeroei moet word. Groot geeste in die sakewêreld begin – uiteindelik – hul stemme dik maak. En gewone mense vind gemeenskaplike grond. En hopelik sal hierdie gebeure verandering teweeg bring – op ‘n vreedsame wyse.
 
‘Julle, daarenteen, is 'n uitverkore volk, 'n koninklike priesterdom, 'n nasie wat vir God afgesonder is, die eiendomsvolk van God, die volk wat die verlossingsdade moet verkondig van Hom wat julle uit die duisternis geroep het na sy wonderbare lig.’ –  Petrus 2:1-10
 
AVK-groete!
 
Jurie

Hervormingsondag 25ste week in Koninkrykstyd

  • 09:00 - Erediens word gelei deur dr Jurie Schoeman met die tema:
    Die Nuwe Lied gaan voort ongeag...

    (1 Petrus 2:1-10)
  • Deurkollekte is vir Claremont Voedingsprojek
  • 09:00 - Peuterbediening 
  • 10:15 - 11:15 - Kinderkleingroepe en Senior kleingroep.
  • 16:30 - Reisgroep (Gr 10's en 11's).
  • 18:00 - 19:00 - iConnect by Gambiaweg 31, Emmarentia.
  • 19:00 - Kooroefening.
November 2016
6
AVK NGK
JEUG
KINDERS
WEBWERF
E-pos
SoundCloud
Ons vra steeds voorbidding vir die burgemeester van Johannesburg –

 “Mr. Mashaba indicated that from Wednesday through to Saturday he and his Management Committee would be meeting to further strategise JHB’s turnaround. He again confirmed how huge the task is but as before he is hopeful, excited and full of energy. He stressed that alone he cannot realise what is required to do - he needs our prayers that the Lord gives him, councillors, managers and staff the insight and "air cover” to move ahead to do what must be done. He also emphasised the necessity that civil society must come and stay on board. By fixing JHB SA will also be fixed”.


Kategese-ouers
Ouers, onthou asb vir die volgende drie Sondae julle items vir die MES kersfeessakke. Die jeug dra tandepastas, tandeborsels, deodorante en koekies seep by. Die peuters begin al hierdie Sondag die pakkies pak. Die Reisgroep volgende Sondag en die res van die kinders die 20ste November. Baie dankie vir alles wat al ingekom het.

Staande Aktiwiteite

 
Gebedsdiens - Elke Woensdag 11:00 in die kapél (nie gedurende gewone skoolvakansies nie).

Gebedsaksie - Onthou om enige gebedsversoeke deur te gee na die kerkkantoor by (011) 782-5231. Gebruik die afkondigingsblaadjie en bid deur die week vir alles daarop. Gemeentelede word versoek om enige gebedsversoeke in die houtkissies in die voorportale van die kerk te plaas. 

Elke Sondag om 16:30 sal 'n gebedsgeleentheid in die kapél plaasvind om God se wil vir ons as gemeente en ons toekoms te soek.

Seattle Coffee Shop - TGIF - Elke Vrydagoggend is daar ‘n byeenkoms in Seattle Coffee Shop in Cresta oor ’n aktueel Christelike saak. Bekende sprekers, goeie insette en lekker bespreking vind plaas. Die byeenkoms begin 06:15 (vir 06:30) en eindig 07:30 stiptelik. Regtig die moeite werd – kyk gerus op www.tgif.org.za. Interkerklik – geen fooie en geen verpligtings.

Beplande Aktiwiteite


AVK Bergfiets-trap
Op Saterdag 26 November  wil ons ‘n baie informele AVK Bergfiets-trap hou. Ons vertrek 06:00 hier van die kerk af (lekker veilige parkering). Ry via Albert’s Farm die Braamfontein spruit (Hoe ver? So ver as moontlik) en sluit af met koffie en beskuit wanneer ons terug is. Hoërskool en ouer trappers welkom. Gereël deur Werner Theron en Jurie Schoeman. Meer info by die kerkkantoor.

Sondae Tee-skink na kerk: As jy en jou gesin bereid is om te help tee-skink na kerk, laat weet ons asb. Ons wil graag die lysie vir volgende jaar ook opstel. Kontak die kerkkantoor of Helena Schoeman helenaschoe@gmail.com om jou naam by datums te sit.

Kategese-ouers
Onthou asb items vir die MES Kersfeessakke as die jeug se bydrae. Gee af by die kerkkantoor of Sondae in die saal.

Kleingroep inisiatief 1ste byeenkoms Woensdag 9 November 18:30 - 20:00 in die konsistorie.

Bedieningskomiteevergadering Donderdag 10 November 18:00 in die konsistorie.

Bestuurskomiteevergadering Maandag 14 November 18:00 in komiteekamer.

Blommekring kuieroggend en afsluiting vir die jaar: 17 November 09:30 vir 10:00 in die konsistorie.

Diensgroep Omgee/Gasvryheid nooi alle lede en vriende om Saterdag 19 November, 08:30 saam ontbyt te gaan eet. Plek sal bevestig word. Laat weet asb vir Helena Schoeman as jy kan kom by helenaschoe@gmail.com 
Nuwe lede altyd welkom!

Gemeenteraadvergadering Sondag 20 November 10:30 in die konsistorie.
Ons gebede en gedagtes gaan uit na almal wat nood het van watter aard ookal...

Marié Germishuizen herstel na rugoperasie 476-7943

Chris Vermeulen weer in hospitaal
011 782 8844

Stina Dawson
011 782 7080

Gee asseblief gereeld name deur na die Kerkkantoor
011 782 5231 of info@aasvoelkop.co.za
Lidmate het nou ‘n maklike en veilige manier om Sondag se dankoffer, gereelde maandelikse dankoffer of enige ander betalings te maak en sodoende op die manier die gemeente in staat te stel om effektief te bly funksioneer.

Hoe werk SnapScan?
  • Laai eers die toepassing (app) met die selfoon se App Store af of besoek bloot die www.GetSnapScan.co.za tuisblad - ongeag ‘n Standard Bank kliënt of nie.
  • Maak die SnapScan app op die foon oop en tik op “scan”. Hou dan die slimfoon se kamera oor die unieke NG Aasvoëlkop SnapCode - hiernaas -  om dit te skandeer. Die app identifiseer NG Aasvoëlkop outomaties en vra om die bedrag te verskaf wat oorbetaal moet word. Vul asb ook die doel van die inbetaling in die aangeduide plek in. ‘n Unieke en veilige PIN om die transaksie te bevestig word verskaf. Die gemeente ontvang ‘n kennisgewing via SMS. Die persoon wat die inbetaling doen kan op versoek anoniem bly. 
Sondag 6 November
Raymond Buckle 792 2167
Elna Gross 082 457 2710
Anthonet Piek 083 343 4130


Maandag 7 November
Rina Dreyer 782 6212
Leon Vermaak 888 3260


Dinsdag 8 November
Charlotte Botha 082 330 1586
Louis-John Ferreira 888 2784
Judith Griessel 486 3419
Marcelle Hallowes 883 1443






 
Woensdag 9 November
Johann Buys 678 1444
Tilla Jansen Van Vuuren 476 5211
Anlia Nefdt 476 5441
Adri Steyn 678 7317
George Van Der Westhuizen 888 2436


Donderdag 10 November
Malette Jordaan 782 6882

Vrydag 11 November
Stephan Badenhorst 083 455 0155
Estelle Hayward 477 7752
Gerald Pretorius 782 5643


Saterdag 12 November
Madeline Gunning 678 3228
Francois Van Rooyen 431 1758
Christen Kufa (39) het onlangs my ma Eunice Niemann versorg terwyl ons op verlof was. Sy is goed gekwalifiseer om ouer of siek mense te versorg, asook babas. Sy is baie bekwaam en vriendelik en ek kan haar sterk aanbeveel as u dalk so n persoon benodig.
 
Kontak my asb as u meer inligting wil hê.
Christa Custers  082 851 1038
Huis Aasvoëlkop Bankbesonderhede
  • ABSA Bank
  • Rekeningnaam: AKMK – Huis Aasvoëlkop 
  • Takkode: 632005
  • Rekeningnommer: 4056633837

Bankbesonderhede

  • ABSA Bank
  • Tak: Northcliff (kode: 334-705)
  • Tjekrekeningnommer: 730580045
  • Verwysing: Naam (bv. Maandelikse bydrae/Gemeentefees/ens)
  • Faks bewys van betaling deur na: 011 888-7074 of 0866085546
Hierdie afkondigings word geborg deur:
PAINT EMPORIUM & HARDWARE
Pendoringweg, Blackheath (011) 678-4848
Kopiereg © Alle regte voorbehou.

Tel: 011 782 5231
Fax: 011 888 7074 of 0866085691
E-Pos: info@aasvoelkop.co.za
Webwerf: www.aasvoelkop.co.za
Posadres: Posbus 48020, Rooseveltpark, 2129
Straatadres: 17 Lawleylaan, Northcliff, 2195


unsubscribe from this list
update your preferences 


 






This email was sent to <<Email Address>>
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
Aasvoelkop NG Gemeente · 17 Lawleylaan · Northchliff · Johannesburg, Gauteng 2195 · South Africa

Email Marketing Powered by Mailchimp