Copy

NG Gemeente Aasvoëlkop

‘n Baken van hoop vir die wêreld, deur vrede, vreugde en vervulling in Christus.

Liewe Gemeentelid,


Daar was eenkeer n gelowige stam in ‘n verafgeleë land wat bedreig was deur n aggressiewe mag op hulle grense. Hulle het toe al vir geruime tyd deurgeloop onder strooptogte van die vyand en was ontredderd, bang en gedwing om kos weg te steek om te oorleef. Daar was min gelag in die openbaar gehoor. ‘n Man is geïdentifiseer om as bevryder op te tree, maar hy was onwillig vir die taak. Behalwe vir die feit dat hy bang was, het hy homself as hopeloos onbekwaam vir die taak beskou en die vyand as veels te gedug.
 
God het persoonlik met hom kontak gemaak en hy is oortuig – hoewel twyfelagtig.
 
Toe dit op stuk van sake uitloop versamel hy 22,000 man en maak reg vir ‘n bloedige stryd. Die Here laat weet die man dat hy teveel mense het en dat die banges moet omdraai. 12,000 draai om en weer kom die boodskap dat hulle teveel is!
 
Nou ja – julle herken die verhaal van Gideon die rigter wat Israel uit die mag van die Midianiete bevry het – met slegs 300 man, maar met briljante (hemelse) strategie…
 
As Dr Braam Hanekom Sondag ons pinkster afskop met die tema: Die Gees bring vernuwing deur nuwe hoop in hopelose gemeenskappe, dan word jy God se man/vrou, geroep om teen die oormag te staan omdat die Gees jou daartoe bekwaam maak.
 
Mag ons ook lekker kermis hou Saterdag.
 
Liefde
Jurie

Sondag 28 Mei 2017
7de week in Paastyd
  • 09:00 - Pinksterdiens 1 met tema: Die gees bring vernuwing deur nuwe hoop in hopelose gemeenskappe gelei deur Dr Braam Hanekom
  • Deurkollekte - Adopt-a-Granny projek
  • 10:15 - Kinderkleingroepe (Gr 1-7)
  • 10:15 - Senior Jeugkleingroep (Gr 8-9)
  • 16:30 - Reisgroep (Gr 10's & 11's)
  • 19:00 – Pinksterdiens 2 met tema: Die Gees bring vernuwing deur gemeenskappe te herstel gelei deur Dr Braam Hanekom
Mei 2017
28
AVK NGK
JEUG
KINDERS
WEBWERF
E-pos
SoundCloud
Span julle kreatiewe energie in en bring enige iets hand – of tuisgemaak om te verkoop by die Kermis.

Alle naaldwerk, brei– en hekelwerk, houtwerk, keramiekwerk, ysterware, juweliersware, kuns en alles wat gebak of gebottel kan word is baie welkom. Bydraes kan by die Kerkkantoor afgelewer word en sal ook deur Danie, Lize-Marie en Elsa bymekaargemaak word. Eetgoed kan die oggend van die Kermis in die voorportaal van die saal gelaat word.
  • Padstal/Handwerktafel - Dit is weer tyd om handwerk en tuisgebak te maak vir ons tuismark!
  • Wynskenkings vir die wynveiling - ons het nog baie nodig asb!
  •  ‘n Hamper (waarde R3850) wat ‘n halwe Vrystaatse lam verpak in ’n 45l koelhouer en 6 bottels boutique rooiwyn uit die Stellenbosch-distrik bevat, word uitgeloot en kaartjies @ R100 is beskikbaar by die teetafel of die kerkantoor gedurende die week. Lootjie word op Kermisdag getrek.
  • Ons benodig borge en skenkings ASB!
www.aasvoëlkop.co.zaof besoek (011) 782 5231 Skakel die Kerkkantoor vir meer inligting
www.facebook.com/events/185394071969602/
Ons gebede en gedagtes gaan uit na almal wat nood het van watter aard ookal...
  • Stina Dawson steeds in die hospitaal
Gee asseblief gereeld name deur na die Kerkkantoor 011 782 5231 of info@aasvoelkop.co.za

BEPLANDE AKTIWITEITE


Aasvoëlkophuis het `n behoefte aan “koestermammas” wat die meisies eenkeer `n maand met die aankoop van persoonlike benodighede kan bystaan en hulle ook kan  bederf op hul verjaarsdae.
Dames wat kans sien om behulpsaam te wees moet asb die Huismoeder Jeanette Poley skakel by 0723008425.


Sondae Tee-skink na kerk: As jy en jou gesin bereid is om te help tee-skink na kerk, laat weet ons asb.Skryf jou naam op die lys by die teetafel langs die datum wat jou pas. Die kerkkantoor sal jou skakel om te herinner net voor jou beurt.

Kermis Saterdag 27 Mei 2017 van 09:00-14:00.


VRYDAGMIDDAG-WEGBREEK – Vrydag 2 Junie 2017 om 14:15. Kontak die kerkkantoor as jy wil bywoon.
PINKSTERDIENSTE
Pinksterdienste word gelei deur Dr Braam Hanekom.

Pinksterdiens 1 - Sondag 28 Mei 2017 om 09:00
Die gees bring vernuwing deur nuwe hoop in hopelose gemeenskappe .

Pinksterdiens 2  - Sondag 28 Mei 2017 om 19:00
Die Gees bring vernuwing deur gemeenskappe te herstel.

Pinksterdiens 3 - Maandag 29 Mei 2017 om 19:00
Die Gees vernuwe ons innerlik deur ons denke te vernuwe.

Pinksterdiens 4 - Dinsdag 30 Mei 2017 om 19:00
Die Gees vernuwe ons deur ons te help vergewe.

Pinksterdiens 5 - Woensdag 31 Mei 2017 om 19:00
Die Gees vernuwe deur ons te help om die regte keuses oor die toekoms te maak.

Koinonia-aand met Nagmaal - Donderdag 1 Junie 2017 om 19:00 in die saal.

STAANDE AKTIWITEITE

 
Gebedsdiens - Elke Woensdag 11:00 in die kapél (nie gedurende gewone skoolvakansies nie).

Gebedsaksie - Onthou om enige gebedsversoeke deur te gee na die kerkkantoor by (011) 782-5231. Gebruik die afkondigingsblaadjie en bid deur die week vir alles daarop. Gemeentelede word versoek om enige gebedsversoeke in die houtkissies in die voorportale van die kerk te plaas. 


Seattle Coffee Shop - TGIF - Elke Vrydagoggend is daar ‘n byeenkoms in Seattle Coffee Shop in Cresta oor ’n aktueel Christelike saak. Bekende sprekers, goeie insette en lekker bespreking vind plaas. Die byeenkoms begin 06:15 (vir 06:30) en eindig 07:30 stiptelik. Regtig die moeite werd – kyk gerus op www.tgif.org.za Interkerklik – fooie en geen verpligtings.
KINDERPINKSTER by die Kerk
 
Kom kuier vir drie aande saam met interressante karakters- Oom Noag, Klein Kareltjie en Talitha. So gaan ons saam sing, speel en leer hoe om soos Jesus te leef.

Tema: Jesus se hande en voete
Maandag (29 Mei) tot Woensdag (31 Mei) - 19:00 tot 20:00.


Die kinders is Sondag en Donderdag genooi om saam met die ouers kerk  toe te kom. 
JEUGDIENSTE
18:00-19:00 in die Lighuis met iets te ete.
Sondag 4 Junie: Dinamiet
Sondag 11 Junie: Vuur
Dra ‘n turkooisstrikkie hierdie maand (15 Mei – 15 Junie)
en ondersteun die bewusmakingsveldtog vir bejaardes.
Lidmate het nou ‘n maklike en veilige manier om Sondag se dankoffer, gereelde maandelikse dankoffer of enige ander betalings te maak en sodoende op die manier die gemeente in staat te stel om effektief te bly funksioneer.
Vrydag 26 Mei
Catherine Ackroyd 782-2168  
Michael Botes 478-3392  
Naas Fourie 678-8200  
Helen Le Roux 478-3322  
Lara Theron 678-3555  
Leandri Van Der Merwe 726 7671 
Nicolene Van Zyl 782-7530

 

Saterdag 27 Mei
Heleen Erasmus 084 527 0060  
Miemie Fraser 782-5568  
Cassie Nell 646-0066  
Lara Swanepoel 791-0077

Sondag 28 Mei
Danie Coetzee 782-3980  
Gerda Smit 678-6665  


Maandag 29 Mei
Geen
Dinsdag 30 Mei
Rudolf Oosthuizen 678-3951  
Ria Slabber 782-8142  
Cara Van Wyk 083 288 2246


Woensdag 31 Mei
Pieter Strydom 476-6135  
Wouter Van der Merwe 476-9048  


Donderdag 1 Junie
Cobus Bekker 787-1714  
Marinda Smith 082 524 9116  
Hanna Van Der Watt
010 593-3558  


Vrydag 2 Junie
Hugo Brand 431-0216

Saterdag 3 Junie
Danie Van Der Merwe
083 419 5755

  • TE HUUR: Kamer beskikbaar in woonhuis in Robindale. Deel badkamer met twee ander persone. Water en ligte ingesluit. Veilige onderdak parkering @R3000 pm. Kaukasiese manspersoon verkieslik in die IT werksveld. Nie roker of gewoonte drinker. Beskikbaar middel Mei. Kontak Petro 082 920 8901
  • TE HUUR: Ruim Loft-Tuinwoonstel (R6 800 pm) in groen boomryke tuin. Gemeubileer, gediens, internet, kragopwekker, sentraal, veilig met elektriese omheining in stil woonbuurt, onderdak parking, groot swembad. Uitstekende waarde. Ideaal vir jong werkende persoon of nagraadse student. Kontak 082 920 6163
  • DUMELA VAKANSIEWOONSTELLE TE HUUR, Manaba strand – loopafstand van Margate-strand. Goeie visvang vanaf strand en van die rotse wanneer sardientjietyd. Haainette en lewensredders. Woonstel ten volle toegerus met breekware, mikrogolf, TV met DSTV, beddegoed, volledig gediens elke dag(slaap 6) @ R54,17 pp per dag.Tye beskikbaar @ R2 600 per week 16/06/2017 - 23/06/2017; 23/06/2017 – 30/06/2017; 27/10/2017 – 26/10/2017.Skakel Dries 082 952 0923 of Okkie 082 959 1765
Huis Aasvoëlkop (satelliethuis) Bankbesonderhede
  • ABSA Bank
  • Rekeningnaam: AKMK – Huis Aasvoëlkop 
  • Takkode: 632005
  • Rekeningnommer: 4056633837

Aasvoëlkop Bankbesonderhede

  • NG Gemeente Aasvoëlkop
  • ABSA Bank
  • Tak: Northcliff (kode: 334-705)
  • Tjekrekeningnommer: 730580045
  • Verwysing: Naam (bv. Maandelikse bydrae/Gemeentefees/ens)
  • Faks bewys van betaling deur na: 011 888-7074 of 0866085546
Hierdie afkondigings word geborg deur:
PAINT EMPORIUM & HARDWARE
Pendoringweg, Blackheath (011) 678-4848
Kopiereg © Alle regte voorbehou.

Tel: 011 782 5231
Fax: 011 888 7074 of 0866085691
E-Pos:
info@aasvoelkop.co.za
Webwerf: www.aasvoelkop.co.za
Posadres: Posbus 48020, Rooseveltpark, 2129
Straatadres: 17 Lawleylaan, Northcliff, 2195


unsubscribe from this list
update your preferences 






This email was sent to <<Email Address>>
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
Aasvoelkop NG Gemeente · 17 Lawley Avenue · Northchliff · Johannesburg, Gauteng 2195 · South Africa

Email Marketing Powered by Mailchimp