Copy
Durbanville Plaasfees 2016
View this email in your browser

Pure plaasplesier!

Op 12 Maart word die plaashekke oopgegooi vir die negende Durbanville Plaasfees aangebied op die Diemersdal wynlandgoed. Dié feestelike geleentheid dien as fondsinsamelingsgeleentheid ten bate van gemeenskapsontwikkeling in die groter Durbanville-omgewing.  Bring die kinders en geniet die smake, geure én pret van ’n plaaswerf: roofvoël- en slangvertonings, skaapskeer, heilsame plaaskos, trekkers en natuurlik plaasdiere. Bekende Skouspel-kunstenaars Wynand & Cheree, en die AfriVisie-wenners, TWEE, sorg vir die musikale atmosfeer, terwyl Steyn Fourie as seremoniemeester die program aan die loop hou. Die kleintjies sal aan Tjif & Tjaf se lippe hang en gaande wees oor die nuwe plaaswerf-speelhoekie.

Kaartjies is teen R40 per volwassene en R10 per kind by Computicket beskikbaar. Loer by www.durbanvilleplaasfees.co.za of kontak Ilse by 082 376 3236.

Versprei hierdie e-pos gerus aan jou e-pos adreslys en help ons met bemarking.

Kom spandeer die dag by die Durbanville Plaasfees en kom kyk na al ons uitgesoekte stalletjies.

Hierdie jaar is daar meer as 80 uitstallers bymekaar as deel van die fees.

Maak seker dat jy op die 12de Maart, 'n draai by Diemersdal Wynplaas kom maak. Daar sal onder andere keurige handwerk, mode en dekor items te koop wees.

Die Durbanville Plaasfees 2016 is 'n jaarlikse hoogtepunt op ouers se kalenders. Kom spandeer 'n dag propvol kindervermaak en gesinspret.

Smag jy na ou wêreldse smake? Dan is die jaar Durbanville Plaasfees 2016 op 12 Maart; net die geleentheid om al daardie outydse gebottelde goedheid te kom geniet.

Van keurige tuisgebak, ingelegde produkte, konfyt en souse daar is spenskos te kus en te keur.

Durbanville Plaasfees 2016 op 12 Maart gaan 'n liplekker kosfees wees vermeng met die lekker plaas smake en gesinspret.

Jaffels, worsbroodjies, hamburgers, chips, hoenderpotte, afval, skaapstertjies, waterblommetjie potte, skilpadjies, roosterkoek, jaffels, pannekoek, basaarpoeding, tuisgebaktafel, ingelegde produkte, konfyt en souse

Nie lus om met parkering en verkeer te sukkel nie? Maak dan gebruik van die spesiale aanbod van Uber om na en vanaf die Durbanville Plaasfees 2016 te kom.

Dit is maklik, veilig en super bertroubaar.

Gebruik PLAASFEES2016 as jou promosiekode wanneer jy inteken.

Let wel: Aanbod slegs gelding vir nuwe Uber intekenare.

BESPREEK NOU!
© 2015 -  NG Kerk Durbanville-Bergsig. Alle Regte Voorbehou.


Posadres:
Posbus 479 Durbanville 7551 Wes-Kaap Suid-Afrika

Kanselleer jou subskripsie    Dateer jou details op