Copy
Durbanville Plaasfees 14 Maart 2105
View this email in your browser

Durbanville Plaasfees 2015

Met groot opgewondenheid in ons geledere kruip die plaasfees al nader - oor ’n paar dae is dit weer sulke tyd!

Wanneer ek aan die plaasfees dink kan ek nie help om die prentjie van grootliks agter die skerms te besigtig nie.
Ek sien ’n vrou wat by die kerkdeure instrompel wat skaars die hoeveelheid “muffins” wat sy gebak het, kan dra. “Dis sommer ietsie vir die plaasfees” sê sy.
Ek sien ’n vrou wat lag-lag sê “my skouer is uit joint uit.” Hoekom? - sy het stilweg in haar hoek van die aarde stringe en stringe plaasfeesvlaggies sit en uitsny en aanmekaar stik!
Ek sien mans wat hamburgers maak en brêkfisbuns vroegoggend al bedien.
Ek sien vrouens besmeer en lekker taai van poeding inskep en verkoop.
Ek sien hoe daar versigtig met groot hoop gevra word vir borge en bydraes.
Ek sien hoe graag mense wil help. Van die tannie en oom wat sommerso vanuit nêrens in die binnehof verskyn en begin help om die geel plakkate se plakkers te plak en dit op een van die warmste dae van die jaar. Ek vra hoekom en hulle sê “sommer, maar net”.
Hoe wonderlik dat mense die fees maak gebeur! Daar is soveel wat in stilte saam swoeg en sweet vooraf en op die dag (en natuurlik na die tyd vir nog lank).
Dit is lekker om in so ’n gemeente te wees en te sien hoe almal ’n verskil maak om ’n enorme taak in klein stukkies te omskep.
Die lekkerte is dat die spanne geolie saamwerk met min (indien enige) drama.

Met Heinz Winckler as ons hoof vermaaklikheidskunstenaar by die Durbanville Plaasfees en nog vele ander aktiwiteite wat gaan plaasvind moet jy nie dié dag misloop nie.

Hier is 'n kykie na die hoofverhoog se program.

Hier is 'n kykie na al die demonstrasies beplan vir die dag.

Nooi jou vriende en bring jou familie. Kaartjies beskikbaar by Computicket - http://bit.ly/1zfrvIg of op die dag by die hekke.

Ons grondverhoog program is elke jaar 'n hoogtepunt met volkspele, rieldansers, 'n gumboot vertoning sowel as beesvel gooi. Moet dit nie misloop by die Durbanville Plaasfees nie.

Hoekom hou ons ’n plaasfees? Ons samel as Koninkrykswerkers fondse in vir o.a. gemeenskapsontwikkeling binne die groter Durbanville omgewing sodoende ’n verskil te maak aan mense se lewens. Ons kan hier ons dissipelskapfokus uitleef wanneer ons die 7000 besoekers bedien met ’n glimlag. Dit is praktiese dissipelskap.

Ons nooi almal om na die plaasfees se webblad te gaan kyk:
www.durbanvilleplaasfees.co.za en die FB blad te gaan “like”: Durbanville Plaasfees
Gaan nooi ook gerus mense uit deur hulle na die Durbanville Plaasfees 2015 te nooi op Facebook.

Ons sien uit na die vermaak op die dag wat die bekende gaskunstenaar Heinz Winkler insluit, die groot pampoenkompetisie van ons hoofborg Shoprite & Checkers, hoender grooming, skaapskeer, die Rieldansers & Gumbootdanser van Elizabethfontein en natuurlik die erfgoeduitstalling en klomp trekkers.

Onthou om jou kaartjie vooraf te koop! Bergsig kry “special treatment” - koop sommer hier by die kerkkantoor Sondag. Andersins by Computicket of by Checkers se moneymarket toonbank.
Facebook
Facebook
Website
Website
Email
Email
© 2015 -  NG Kerk Durbanville-Bergsig. Alle Regte Voorbehou.


Posadres:
Posbus 479 Durbanville 7551 Wes-Kaap Suid-Afrika

Kanselleer jou subskripsie    Dateer jou details op